Maak my liggaam myne deur sheena magenya.
Author: Magenya, Deur Sheena
Pub Date: 09/01/2011
Publication: Name: Sister Namibia Publisher: Sister Namibia Audience: Academic; General Format: Magazine/Journal Subject: Social sciences; Women's issues/gender studies Copyright: COPYRIGHT 2011 Sister Namibia ISSN: 1026-9126
Issue: Date: Sept-Dec, 2011 Source Volume: 23 Source Issue: 3
Accession Number: 278172141
Full Text: Wie besluit wat is mooi? Is dit ek? Is dit die gemeenskap? Is dit die skoonheids-bedryf? En hoekom aanvaar ons so maklik dat ons moet swaarkry vir skoonheid - of dit nou fisies, emosioneel of finansieel is? Sheena Magenya kyk krities na vrouens en die "liggaam-saak". Wie is in besit van 'n vrou? En kan ek my liggaam MYNE maak?

Dit neem drie tot vier ure om vlegsels in jou hare te laat sit. In dieseifde drie ure, iewers anders in die wereld, is daar 'n jong meisie wat haar labia minora en klitoris tydens 'n besnydenis-seremonie laat verwyder. Wat het hare en die skending van vrouens met mekaar te doen?

Buiten vir die feit dat beide prosedures gewoonlik deur vrouens op vrouens uitgevoer word, word beide ter wille van skoonheid gedoen. En altwee is pynlik. Tog is dit moeilik om te aanvaar dat die skending van vroulike geslagsorgane en haarvlegsels in dieseifde asem genoem word. Op die oppervlak blyk dit niks met mekaar te doen te he nie. Maar daar is 'n onderliggende lyn wat dit saambind: 'n vrou se outonomie oor haar liggaam. Wie besit my en my liggaam? Wanneer is my liggaam myne? Was dit al ooit myne? Hoe laat die wereld my oor my liggaam voel? Hierdie vrae word nie dikwels gevra nie, omdat vrouens nie aangemoedig word om te besef dat hulle 'n se in die saak mag he nie.

Ons ervaar dit orals - op televisie en radio uitsendings, op advertensieborde, in advertensies, tydskrifte en met die vrouens wat op straat by ons verbyloop. Dit is so duidelik dat hulle nie hulle eie liggame besit nie, net soos onsself lewende bewys daarvan is dat ons geen liggaamlike outonomie het nie. Ons gebruik chemikaliee op ons vel en hare, wat aan ons die ideale skoonheid belowe, maar ons ignoreer die skade aan ons gesondheid. Ons dra pynlik ongemaklike klere, onderkiere en skoene, in die geloof dat ons onaantreklik is daarsonder. Ons voed die eindelose siklus van 'verbruikerisme', deur goed te koop wat ons nie nodig het nie om probleme, wat ons in die eerste plek nooit gehad het nie, op te los. Alles omdat ons wil inskakel by dit wat as mooi gesien word....

In die meeste kulture leer vrouens vroeg in hulle lewens dat hulle liggame nie hulle eie is nie, maar dat hulle liggame deur ander gebruik en beheer word. Die skending van vroulike geslagsdele en ander skadelike kulturele praktyke word steeds deur baie kulturele waghonde onderskryf en AA hulle eis beheer oor vrouens se liggame. In baie W gemeenskappe word die kry van kinders nie as 'n gesamentlike besluit deur twee volwassenes beskou nie, maar as bewys dat 'n vrou sosiaal aanvaarbaar is, terwyl vrouens wat kies, of nie daartoe in staat is om kinders te he nie, deur die gemeenskap jammer gekry word, of selfs uitgewerp word.

Die leuen van onvoldoendheid

'n Wydverspreide, afbrekende en tog subtiele manier om vrouens se liggame te beheer, is om die idee van onvoldoendheid te verkoop. Advertensies vertel ons gedurig dat ons langer ooghare en langer naels MOET he - ons natuurlike ooghare en naels is nie genoeg nie. Dat ons langer hare en dunner middellywe, groter borste en witter tande, rooier lippe en langer bene nodig het ... die lys gaan aan en aan. Ons word voortdurend oortuig dat ons dit alles NODIG het, omdat ons nie genoeg is nie en nie 'okay' is soos ons is nie. En vrouens val daarby in en koop en doen alles om deel van 'n ekstern-bepaalde en afgedwonge beeld van vroulike volheid te word.

Ons word geleer dat die skoonheid, soos deur die gemeenskap of die skoonheidsbedryf voorgeskryf - nie goedheid, ernstigheid of bedagsaamheid nie - is wat ons nodig het. En as ons nie aan hierdie eksterne verwagtinge voldoen nie, is ons gevolglik ontoereikend, nie voiledig nie. Ons word ook daarvan oortuig dat hierdie 'voorgeskrewe volledigheid' met self-iiefde vergelyk word. Advertensies vertel ons voortdurend dat jy hierdie duur rok en daardie nuwe selfoon moet koop, en dat vrouens wat hulleself nie met duur skoonheids-produkte bederf nie, hulleself eenvoudig nie life genoeg het nie. "Omdat ek dit werd is" se L'Oreal se modelle, wat luukse skoonheids-room verkoop.

[ILLUSTRATION OMITTED]

Te veel of nie genoeg nie - nooit perfek nie

Ons word geleer dat dit nooit genoeg is om 'n vrou in haar natuurlik perfekte manier te wees nie. Daar is altyd 'n deel van ons liggame wat herstel en verbetering, byvoeging of vermindering nodig het. In die verlede moes maer Afrika-vroue gewig aansit, omdat hulle nie by die stereotipe van die Afrika-vrou met die voller figuur voldoen het nie. Vandag, onder druk van moderne kapitalisme en advertensie-aanslae, is gesette Afrika-vroue onder druk om gewig te verloor, omdat die moderne beeld van 'n 'mooi vrou' maer, lank en met opmerkilike lang bene is. In ieder geval, of dit modern of tradisioneel is, sal 'n gewone vrou nooit 'genoeg' wees nie.

[ILLUSTRATION OMITTED]

In sommige kulture word daar geglo dat vrouens met te veel dinge wat aan hulle vasgeheg is, gebore word en dat dit afgesny moet word om die 'perfekte' vrou te word, soos in die geval met die skending van vroulike geslagsdele. In ander kulture word vrouens met 'te min' gebore. Hulle moet by hulle liggame byvoeg-meer hare, langer oor-belle, groter borste, voller lippe.. Die gevoel van onvoldoendheid word so vroeg in 'n meisie se lewe ingebring, dat die keuse om dit te bevraagteken selde bestaan. Wanneer klein dogtertjies, so jonk as twee, se hare op 'n pynlike manier reguit gemaak of gevleg word, word 'n verdraagsaamheid oor streng skoonheids-roetines vroeg in die lewe geskep en die gewilde gesegde dat 'jy vir skoonheid moet swaarkry' word diep ingewortel.

Nadat 'n jong dogtertjie die uiters pynlike chemiese brand op haar hare verduur net, sal sy geprys word en met sosiale bevestiging vergoed word dat sy NOU mooi is. NOU het sy 'n plek en rol in die gemeenskap. NOU sien mense haar raak en erken haar teenwoordighed. Reeds op tweejarige ouderdom leer sy om te glo dat sosiale erkenning deur swaarkry en volhouding aan haar kant verkry word. Die kanse dat die dogtertjie hierdie mentaliteit sal oordra na 'n verhouding waarin mishandeling voorkom en die geloof dat slegte behandeling en swaarkry 'n voorwaarde vir vergoeding en lofprysing is, is groot. Die ironie is dat sy dalk kan sterf terwyl sy vir hierdie vergoeding wag. ...

Skoonheid met 'n ander naam

Ons wil natuurlik aimal mooi voel. Maar die begrip van wat mooi is, is so menigvuldig as wat daar vrouens in die wereld is. So - kom ons bevraagteken hoe ons by ons definise van skoonheid uitgekom het. Wie besluit wat is mooi? Is dit jy? Is dit joy sosio-kulturele agtergrond? Is dit die altyd gulsige skoonheids-bedryf? Voel jy onder druk om aan 'n spesifieke idee van skoonheid te voldoen? Doen jy dinge wat skadelik virjou gesondheid is om hierdie idee van skoonheid te bereik?

Dit is hierdie vrae wat ons daamatoe lei om die skending van vroulike geslagdele en haar-sake met mekaar in verband te bring. Want, in een gemeenskap is 'n onbesnyde vrou nie mooi of begeerlik nie, maar in 'n ander gemeenskap is sy. In een gemeenskap word 'n vrou met kort hare as onaantreklike beskou en in 'n ander een as 'sexy'. Vandag se paradoks is dat - terwyl daar nie twee vrouens is wat dieselfde lyk nie - strewe meer en meer vrouens in die moderne samelewing daarna om 'n eenvormige idee van skoonheid te onderskryf.

Slagoffers of agente?

Vrouens is egter nie magtelose slagoffers van partriargale strukture of ander neerdrukkende stelsels nie. En mans voel ook die druk om te voldoen aan sekere ideale oor manlike aantreklikheid. Feminisme leer ons dat elke man en vrou die vermoe het om agentskap in hulle eie lewens uit te oefen. Terwyl neerdrukkende strukture moeilik is om af te breek, kan ons die effek daarvan raaksien en ons rol as mans en vrouens in ons samelewing herdefinieer. 'n Goeie voorbeeld van die herdifiniese van ons begrip van skoonheid is die Suid-Afrikaanse boek van fotos deur Marlene le Roux en Lucie Pavlovich, 'Look at Me'. Dit wys vrouens wat met gestremdhede lewe en bied hulle aan met 'n ander benadering tot skoonheid, weg van die hoofstroom-siening van wat mooi is.

Nie almal wil die rol wat hulle deodorant, haarkleur of klere in die groter prentjie speel analiseer, of dink oor hoe dit die idees en misvattings oor vrouens se waarde in die samelewing volhou nie. Maar miskien moet baie vrouens dit doen!! En verseker, as meer vrouens en mans bietjie harder probeer om hulleself te waardeer soos hulle is en nie net oor hoe hulle lyk nie, sal ons 'n nuwe waardestelsel ontwikkel - 'n stelsel wat aan ons dogters die versekering gee dat hulle pragtig is, of hulle lig of donker is, met reguit of krul hare, maer of vet; en wat aan ons seuns sal vertel dat hulle nie bultende spiere nodig het om aantreklik te wees nie; wat mense sal aanmoedig om vir hulleself te besluit wat hulle mooi of aantreklik vind; wat hulle leer dat goedheid, humor, verdraagsaamheid en respek mense op die Jang duur baie meer aantreklik maak as die langste bene, die reguitste hare en die witste tande.

Skoonheids-vanglyne van die Skoonheids-bedryf

Adidas - Adidas maak jou beter!

Dove - Ware vrouens het kurwes

Motto of a hair salon in America - "daar is nie so iets soos natuurlike skoonheid nie"

Maybelline - Miskien is sy daarmee gebore, Miskien is dit Maybelline

Perfect pout - Soen jou dun lippe totsiens!

* Die skending van vrouens is 'n kulturele gebruik wat as 'n reg van oorgang aangewend word. Dit behels die afsny van die klitoris, die labia minora, of soms die labia majora van 'n meisie se vulva.
Gale Copyright: Copyright 2011 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.