Felicity Celento lewenslus verpersoonlik.
Authors: Ehlers, Deur Lize
Harriet Beukes, Vertaal deur
Pub Date: 06/01/2008
Publication: Name: Sister Namibia Publisher: Sister Namibia Audience: Academic; General Format: Magazine/Journal Subject: Social sciences; Women's issues/gender studies Copyright: COPYRIGHT 2008 Sister Namibia ISSN: 1026-9126
Issue: Date: June, 2008 Source Volume: 20 Source Issue: 2
Accession Number: 184550003
Full Text: Felicity Celento het in 1992 vir die eerste keer met Sister Namibia gesels -aan die begin van haar loopbaan as aktrise, wat begin het by die Hoerskool Concordia toe sy die hoofrol van Eva vertolk het in die Engelse weergawe van die produksie Koning van die Ashoop.

[ILLUSTRATION OMITTED]

Vandag is Felicity een van die land se mees veelsydige en invloedryke aktrises. Sy is ook 'n passievolle ma en 'n ondersteuner van haar twee dogters, asook die bestuurder van WesBank in Windhoek. Met haar deeltydse studies vir 'n graad in bankwese by die Universiteit van Suid-Afrika, is sy onlangs twee keer aangewys as beste Namibiese student en het sy ook die beste punte in die Suiderlike Afrika streek behaal vir een van haar vakke.

Die spel gaan voort

Hoe hanteer sy soveel rolle en verantwoordelikhede, insluitend haar werk as organiserende sekretaresse vir Committed Artists of Namibia en haar aktiewe betrokkenheid in Assitej, die Namibiese tak van die Internasionale Kinderteaterorganisasie?

"Die spel moet voort gaan," se Felicity droogweg. "Jy moet eenvoudig prioriteite stel en dit onmiddellik uitvoer. Ek kan enigiets doen as ek dit stap vir stap uitvoer, elke fase daarvan beplan, en myself toelaat om te groei terwyl ek dit doen. Dit is hoe ek leef, hoe ek werk, maar mees belangrik, is dit hoe ek toneelspeel. Toneelspeel is vir my 'n manier om my innerlike self, my ware self, te bereik. Hoewel ek baie tevrede is met my "dag" werk, sou ek graag voltyds toneelspeel as loopbaan wou volg. Ongelukkig is dit nog nie moontlik in Namibie' nie."

Met meer as twee dekades in drama, insluitend talle hoofrolle in Namibiese produksies wat deur haar eggenoot, Frederick Philander, geskryf is, spog Felicity Celento met 'n magdom kennis en ondervinding. Sy het reeds verskeie rolle vertolk, insluitend Saartjie in The Beauty Contest, Lola in Will of a Die-hard Soldier, Debbie in Blood Brother, Isabel in Athol Fugard se drama My Children. My Africa, en Saartjie-Kaartjie in Leah B. Felicity was ook reeds in films vir televisie te sien, insluitend die Afrikaanse SAUK televisiereeks Simon & Sandra en die NBC se Victims of Love.

Sy het ook al verskeie kere die uitdaging van solovertonings aangepak, soos die berugte Handjievol in The Porridge Queen, '"n Solovertoning is baie veeleisend. Jy is verantwoordelik vir die hele verhoogstuk: hoe betrokke die gehoor is, die ontwikkeling van die luim en die vloeiendheid van beweging - dit is voorwaar 'n reusetaak," meen sy.

Bevordering van dramaontwikeling

Felicity is trots op Committed Artists of Namibia se prestasies. Die organisasie is in 1979 gestig om drama na die mense te bring. "Ons bevorder drama met die aanbieding van die jaarlikse Jeugteaterfees in samewerking met Assitej, en dra sodoende by tot die ontwikkeling van ons nasionale kultuur. Verlede jaar het ons vier maande lank 'n dramafees vir volwassenes en die jeug aangebied met werke van toentertyd soos Katutura '59, Mole People, Election Fever en Papland. Nou open Assitej Namibie dramasentrums dwars oor die land om teater onder die jeug te bevorder."

Met haar oudisie vir The Ties That Bind ('n Namibiese televisiereeks) agter die rug, sien Felicity daarna uit om selfs meer betrokke te raak in film en televisie, en ook om die dramafees van verlede jaar weer 'n keer aan te bied. Intussen is voorbereidings ook onderweg vir die aanbieding van The Beauty Queen in Belgie. "Ek sien baie daarna uit om weer in Europa op te tree," se sy opgewonde.

"Tog," sluit sy af, "wil ek hierdie jaar nie meer so laat werk nie. Ek wil meer tyd met my familie deurbring. Ek wil my beste vir hulle gee." Met haar lewenslus, haar vermoe om prioriteite te bepaal en haar dissipline in die uitvoering daarvan, is daar geen twyfel dat Felicity Celento sal aanhou om haar doelwitte te bereik nie.
Gale Copyright: Copyright 2008 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.